Meer Oor Ons

Dednam Rekenmeesters is by die Suid-Afrikaanse Instituut vir Professionele Rekenmeesters (SAIPA) as ‘n rekenmeesterspraktyk geregistreer.

Chris Dednam het in 2001 by Sand du Plessis Hoërskool in Bloemfontein gematrikuleer. Hy het sy B.Com (Hons)-graad in Rekeningkunde aan die Universiteit van die Vrystaat behaal en sy klerkskap by PricewaterhouseCoopers in Kimberley voltooi, waarna hy deur SAIPA as Professionele Rekenmeester (SA) geregistreer is.

“Ek is ‘n voormalige Protea- en twee-malige Olimpiese Pluimbalspeler en weet daarom wat dit behels om suksesvol te wees. My sportloopbaan demonstreer my dissipline en toegewydheid.”

Visie

Om, benewens ‘n rekeningkundige beampte of belastingpraktisyn, ook ‘n besigheidsadviseur vir ons kliënte te wees. Ons streef daarna om aan kliënte se totale rekeningkundige- en belastingbehoeftes te voldoen sodat hul met gerustheid, en ons verdere toepaslike bystand, op hul eie besigheidsdoelwitte en winsgewendheid kan fokus.

Missie

Om met toegewydheid aan ons kliënte professionele, stiptelike en persoonlike diens te verskaf.