Dienste

Rekeningkundige-, belasting- en adviesdienste

Ons evalueer gereeld (maandeliks/tweemaandeliks/kwartaalliks) u besigheid se inkomste, uitgawes, bates en laste om aan u verslag te doen, sodat u kan monitor hoe u besigheid presteer. Hoe meer u weet van hoe u besigheid presteer, hoe makliker is dit om ingeligte besluite te neem.

Ons evalueer of u besigheid solvent (bates teenoor laste), likied (kontantvloei) en winsgewend is en hoeveel die opbrengs op bates is, gebasseer op rekeningkundige verhoudings.

Ons bied persoonlike en waardevolle diens aan alle kliënte en het ondervinding in die volgende industrieë:

  • Boerdery
  • Vervoerbesighede
  • Mynbou
  • Dokters
  • Groothandel en kleinhandel

Die dienste waarna hierbo verwys word, sluit die volgende in:

Rekeningkundige- en BTW indieningsdienste (BTW tydperke)

  1. Die prosessering van die rekeningkundige rekords op ‘n deurlopende basis;
    (Kasboek, debiteure- en krediteurerekeninge, leningsrekening, ens.)
  2. Die rekonsiliasies van die Kasboek, debiteure- en krediteurerekeninge, leningsrekeninge, ens.;
  3. Die rekonsiliasie van die BTW-Kontrolerekening, insluitende inset- en omsetrekonsiliasies, die voltooi en indiening van die BTW-opgawes, deur middel van “SARS E-filing”;
  4. Die hantering van oorsigtelike BTW-ondersoeke, soos deur die Suid-Afrikaanse Inkomstediens aangevra;
  5. Die hantering van korrespondensie ten opsigte van BTW-eise met die Suid-Afrikaanse Inkomstediens, waar die maksimum tydlimiet ten opsigte van BTW-terugeise deur die Suid- Afrikaanse Inkomstediens oorskry word;

Belastingwetnakomingsdienste – Voorlopige en Jaarlikse belastingopgawes

  1. Die voorbereiding en indiening van die halfjaarlikse voorlopige belastingopgawes;
  2. Waar nodig, die voorbereiding en indiening van die derde en finale voorlopige belastingopgawes;
  3. Die voltooi en indiening van die jaarlikse belastingopgawe;
  4. Die nagaan van die aanslag soos uitgereik deur die Suid-Afrikaanse Inkomstediens, en indien nodig die hantering en indiening van die nodige vertoë, in die geval waar die aanslag verkeerdelik uitgereik is deur die Suid-Afrikaanse Inkomstediens;

Finansiële State

Die opstel en finalisering van die jaarlikse Finansiële State;

Bestuurstate

Die opstel en finalisering van maandelikse/kwartaallikse/halfjaarlikse Bestuurstate;

SAID Oudits

Die hantering van ‘n oudit deur die Suid-Afrikaanse Inkomstediens gelas en die indiening van stawende dokumentasie soos vereis;

Betaalstelseldienste (Payroll)

Verskaffing van maandelikse betaalstrokies, indiening van LBS/WVF/SDL opgawe by die Suid- Afrikaanse Inkomstediens, indiening van maandelikse WVF opgawe by die Departement van Arbeid.

Konsultasies en Kontantvloeibegrotings

Normale belastingkonsultasies voortspruitend uit u bedryf wat be-oefen word.

Spesifieke konsultasies en die voorbereiding en lewering daarvan, waar intensiewe navorsing en tyd aan spandeer word;

BB-BEE “exempt micro enterprise” sertifikate

Verskaffing van die jaarlikse vrystellingsertifikate;

Sekretariële dienste

CIPC jaarlikse opgawes, registrasie van maatskappye en trusts, direkteurveranderings, ens.;

Fooistruktuur en die betaling vir dienste gelewer

Ons fooie word bereken op grond van die tyd wat ons aan u sake bestee asook op die betrokke vaardigheids- en verantwoordelikheidsvlakke wat betrokke is. Die gelde is onderhewig aan jaarlikse hersiening deur ons, en sal wissel na gelang van verskeie faktore, waaronder die mate van bystand wat ons vanaf u personeellede ontvang in die voorbereiding van roetine skedules en ontledings.

Dit is ons praktyk om geskatte fooie te verskaf voor enige dienste gelewer word. Ons fooie word op ‘n gereelde basis vir afgehandelde werk gefaktureer en is betaalbaar binne 15 dae na lewering van die faktuur. Rente teen die prima bank uitleenkoers sal gehef word op agterstallige rekeninge. Indien ons moet gebruik maak van regs- en adviesdienste om ons geld in te vorder, sal u verantwoordelik gehou word vir die gepaardgaande kostes.

Ons beveel aan dat u ‘n debietorder teken sodat u jaarlikse fooi op ‘n gelyke, maandelikse basis betaal word om kontantvloei te verbeter.

Geskatte fooie – inagneming van die volgende faktore

Geskatte fooie kan aan u verskaf word gebaseer op u besigheidsomstandighede soos tans aan ons bekend. Na drie maande se prosessering, sal ons ‘n goeie idee hê van die hoeveelheid werk en hoeveel tyd die dienste in beslag neem. Indien die omstandighede verander, mag dit nodig wees om ons geskatte fooie te hersien. Sodanige hersiene geskatte fooie sal met u bespreek word voor die implementering daarvan.

Ons vertrou dat die dienste soos uiteengesit aan al u behoeftes kan voorsien. Indien u sou belangstel in enige van ons dienste, of enige dienste wat ons nie aangespreek het nie, kan u ons ter eniger tyd kontak om aan u ‘n kwotasie te verskaf.