Dednam Rekenmeester Dienste

Welkom by die webtuiste van Dednam Rekenmeesters. Chris Dednam is ‘n Professionele Rekenmeester (SA) wat rekeningkundige- en belastingdienste bied aan individue, eenmansake, vennootskappe, beslote korporasies en maatskappye.

Ons neem tans nuwe kliënte in, so indien u belangstel om gebruik te maak van rekenmeester dienste, of indien u van rekenmeester wil verander, kan u ons gerus kontak om 'n afspraak te reel sodat ons enige potensiële dienste kan bespreek wat ons moontlik vir u kan bied.

Ons is 'n professionele dienste verskaffer wat trots is op ons werk en daarop gefokus is om tydige en akkurate werk te lewer, sodat ons klient gerus kan wees dat hulle finansiële verantwoordelikhede in orde is.

English

This website is also available in English.